Die Here het aan Sara gedink soos Hy beloof het. Hy het sy belofte aan haar nagekom. Sy het swanger geword en in Abraham se ouderdom vir hom 'n seun in die wêreld gebring. Dit het gebeur op die tyd wat God vir Abraham beloof het. Hy het die seun wat vir hom gebore is, die een wat deur Sara in die wêreld gebring is, Isak genoem. Soos God vir Abraham beveel het, het hy vir Isak besny toe hy ag dae oud was. Abraham was honderd jaar oud toe sy seun Isak gebore is. Sara het toe gesê: “God het gemaak dat mense vir my lag: elkeen wat van Isak hoor, sal vir my lag.” Sy het verder nog gesê: “Wie sou vir Abraham kon sê dat Sara seuns aan haar bors sal voed? Ek het in sy ouderdom 'n seun in die wêreld gebring.” Die kind het grootgeword en die dag toe hy gespeen is, het Abraham 'n groot fees gehou.
Lees GENESIS 21
Deel
Vergelyk alle weergawes: GENESIS 21:1-8
7 Days
How has God shown his love, or his power? The Jesus Bible showcases the ways in which God communicated with us, his creations, through Jesus Christ in both the Old and New Testaments. This 7-day reading plan illuminates the characteristics of God to help deepen your understanding and awe of his gifts.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's