GENESIS 18:1-7

GENESIS 18:1-7 AFR83

Die Here het aan Abraham verskyn by die groot bome van Mamre. Terwyl hy op die warmste van die dag by sy tentdeur sit, kyk hy op en sien drie mans daar naby staan. Toe hy hulle sien, het hy van sy tentdeur af na hulle toe gedraf en voor hulle gebuig. Hy het gesê: “Menere, u sal my 'n guns bewys deur nie by my verby te gaan nie. Laat ek eers 'n bietjie water laat haal sodat u u voete kan was, en kom rus dan onder die boom. U is nou eenmaal op pad hier by my verby, en daarom wil ek 'n stukkie brood vir u gaan haal dat u weer nuwe krag kan kry.” Hulle het vir hom gesê: “Goed! Maak so!” Abraham het toe gou na Sara toe in die tent gegaan en vir haar gesê: “Vat gou sestien kilogram meel en knie dit en bak roosterkoeke.” Daarna het hy na die beeste toe gedraf en 'n mooi jong kalf gevat en vir 'n slaaf gegee om dit gou voor te berei.

Gratis leesplanne en oordenkings oor GENESIS 18:1-7

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid