GENESIS 10:8-12

GENESIS 10:8-12 AFR83

Uit Kus het Nimrod gekom, die eerste maghebber op die aarde. Hy was 'n dapper jagter, ook in die oë van die Here. Daarom word daar gesê: “'n Dapper jagter in die oë van die Here, soos Nimrod.” Nimrod se koninkryk het begin by Babel, Erek, Akkad en Kalne, almal in Sinar. Van hier af het hy na Assirië toe gegaan en Nineve, Regobot-Ir en Kalag gebou, asook Resen tussen Nineve en Kalag. Resen was 'n groot stad.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid