Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder 'n slawejuk laat indwing nie. Kyk, ek, Paulus, sê vir julle: As julle julle laat besny, sal Christus vir julle geen betekenis hê nie. Ek sê dit weer nadruklik vir elkeen wat hom laat besny: Hy is verplig om die hele wet van Moses te onderhou. Julle wat van julle sonde vrygespreek wil word deur die wet te onderhou, julle het julle band met Christus verbreek, julle het die genade van God verbeur. Wat ons betref, deur die werking van die Gees is dit ons hoop en verwagting dat ons deur te glo, vrygespreek sal word. In Christus Jesus is dit nie van belang of jy besny is of nie. Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan. Julle was so goed op pad. Wie het julle verhinder om die waarheid te bly gehoorsaam? Wie het julle omgepraat? Nie God nie; Hy roep julle tot gehoorsaamheid. 'n Bietjie suurdeeg deurtrek die hele deeg. Ons band met die Here gee my die vertroue dat julle net so sal dink soos ek. Maar die man wat vir julle in verwarring bring, wie hy ook al mag wees, God sal hom straf. Wat my betref, broers, as ek nog verkondig dat 'n mens besny moet word, waarom word ek dan nog vervolg? Dan is die kruis as struikelblok mos uit die weg geruim. Ek wens die mense wat dié verwarring onder julle stig, wou hulleself dan maar heeltemal ontman! Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Maar julle byt en verskeur mekaar; pas op dat julle mekaar nie later heeltemal verslind nie.
Lees GALASIËRS 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: GALASIËRS 5:1-15
6 Days
Porn is a battleground with many casualties, including broken lives and relationships. It disconnects us from reality and negatively affects our expectations about sex and love. It triggers changes in our body that become addictive and harmful. It may lead to other sin and, worst of all, it moves us away from God’s love. God wants to help set you free from the pattern of lust, guilt, and broken promises.
The job of a single mom is tough and sometimes lonely, but it’s also the most important role you’ll ever play. The truth is, God has chosen and equipped you to lead your family. In this six-day plan, you will discover resources and scripture to heal from your past, be encouraged in your present, and find hope for your future.
7 Days
This 7-day devotional will help you understand why your salvation in Christ is secure and embrace the kind of life God desires you to live.
In a crowded Christmas season, most of us feel the stress and anxiety of family relationships, financial pressure, hasty decisions, and disappointed expectations. So go ahead. Take a breath. Start this Life.Church Bible Plan and realize the weight we feel may be something God never asked us to carry. How about we let go of the baggage? Let’s travel light.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's