ESEGIËL 48:1-9

ESEGIËL 48:1-9 AFR83

“Van die noordekant af, langs die lyn Getlon, Lebo-Hamat, Gasar-Enan tot waar die noordgrens van Damaskus teen Hamat raak, kry die volgende stamme hulle dele; elkeen kry 'n strook van die oosgrens af tot teen die Groot See: Dan, Aser, Naftali, Manasse, Efraim, Ruben en Juda. “Teen die gebied van Juda, van oos na wes, moet die gebied lê wat julle as offergawe afstaan, twaalf en 'n half kilometer breed en net so lank as een van die ander stroke, van die oostelike tot by die westelike grens. Die heiligdom moet in hierdie gebied wees. Die een gebied wat julle as offergawe aan die Here afstaan, moet twaalf en 'n half kilometer lank en vyf kilometer breed wees.