ESEGIËL 28:12-18

ESEGIËL 28:12-18 AFR83

“Mens, sing 'n treurlied oor die koning van Tirus. Sê vir hom: So sê die Here my God: “Jy was 'n seël wat met sorg vervaardig is, 'n pragtige produk van volmaakte vakmanskap: jy is uitgebeeld in die godetuin Eden, omring deur kosbare edelstene: karneool, topaas, jaspis, chrisoliet, oniks, opaal, saffier, turkoois, smarag, en die reliëfwerk aan jou was van goud. So is jy gemaak die dag toe jy geskep is. Jy is uitgebeeld as die gerub wat met uitgestrekte vlerke moes waghou, Ek het jou die opdrag gegee. Jy was op die heilige godeberg, daar het jy rondgestap tussen glinsterende edelstene. Jou optrede was onbesproke vandat jy geskep is totdat jy begin onreg doen het. Jou uitgebreide handelsbedrywigheid het geweld deel van jou lewe gemaak en jou laat sondig. “Daarom het Ek jou verstoot van die godeberg af, Ek het jou, gerub wat moes waghou, tussen die glinsterende edelstene uit verwyder. Jou prag het jou hooghartig laat word, jou stralende glans het jou jou wysheid laat verloor. Ek het jou op die grond gegooi, jou daar voor ander konings laat lê dat hulle jou kon bekyk. “Met jou baie oortredings, met die onreg in jou handel, het jy jou heiligdomme ontwy. Daarom het Ek 'n vuur uit jou laat kom wat jou verteer het. Ek het jou 'n hopie as op die grond laat word voor die oë van almal wat toegekyk het.

Gratis leesplanne en oordenkings oor ESEGIËL 28:12-18

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid