Uiteindelik was al die werk vir die tabernakel, die tent van ontmoeting, klaar. Die Israeliete het alles gemaak presies net soos die Here vir Moses beveel het. Hulle het die tabernakel, die tent met al sy toebehore, na Moses toe gebring: die kramme, die rame, die dwarslatte, die style met hulle voetstukke; die seil van rooigekleurde ramsvel, die seil van gebreide vel, die voorhangsel, die ark met die getuienis, die draaghoute, die deksel, die tafel met sy draaghoute en al sy toebehore, die offerbrood; die gewyde kandelaar met sy ry lampe en toebehore en olie vir die lampe, die goue altaar, die salfolie, die geurige wierook en die afskorting vir die tentdeur; die bronsaltaar met al sy toebehore, die bronstraliewerk waaraan die draaghoute vas was, die waskom met sy voetstuk, die gordyne van die voorhof, hulle style met hulle voetstukke, die afskorting vir die deur van die voorhof met sy toue en penne, en al die ander toebehore vir die diens in die tabernakel, die tent van ontmoeting; die geborduurde klere om in die heiligdom mee te dien, die gewyde klere vir die priester Aäron en vir sy seuns om daarin as priesters diens te doen. Die Israeliete het alles gemaak net soos die Here vir Moses beveel het. Moses het al die werk geïnspekteer en gesien dat dit gemaak is soos die Here beveel het. Toe het Moses die vakmanne gelukgewens en bedank.
Lees EKSODUS 39
Deel
Vergelyk alle weergawes: EKSODUS 39:32-43
10 dae
Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus (Heb 10:20). Die Ou Testament is die slot, die Nuwe Testament is die sleutel; en wat beteken ’n slot sonder ’n sleutel? Net so is kennis van die Ou Testament nodig om die Nuwe Testament reg te verstaan. Die twee vul mekaar aan en vorm een, volmaakte geheel. Leer meer oor die tabernakel en die gepaardgaande rituele.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's