Die Here het vir Moses gesê: “Kyk, Ek het vir Besaleël uitgekies. Hy is 'n seun van Uri, seun van Gur uit die stam Juda. Ek het hom toegerus met my Gees sodat hy met vaardigheid, insig en verstand enige werk kan doen: ontwerpe maak en dit in goud, silwer en brons uitwerk, edelstene verwerk en monteer, en houtwerk doen. Hy sal enige werk kan doen. Ek het vir Oholiab, seun van Agisamak uit die stam Dan, aangestel om saam met hom te werk. Aan elke vakman het Ek vaardigheid gegee sodat hulle alles kan maak wat Ek jou beveel het: die tent van ontmoeting, die ark met die getuienis daarin en die deksel daaroor, al die toebehore van die tent, die tafel met sy toebehore, die kandelaar van suiwer goud met sy toebehore, die wierookaltaar, die brandofferaltaar met al sy toebehore, die waskom met sy voetstuk, die geborduurde klere wat gewy is vir die priester Aäron en sy seuns om daarin as priesters diens te doen, die salfolie en die geurige wierook vir die heiligdom. Hulle moet alles maak net soos Ek jou beveel het.”
Lees EKSODUS 31
Deel
Vergelyk alle weergawes: EKSODUS 31:1-11
7 dae
Voel jy dat jy iets spesiaals het om die wêreld te bied, maar onsekerheid of vrees hou jou terug? God roep jou om te skep. Hoe weet ek dit? Ons smag daarna om te skep omdat ons na die beeld van die Skepper gemaak is. Of dit nou 'n besigheid, gesin, bediening of boek is, ons Skepper God het ons 'n diep begeerte gegee om saam met Hom te skep.
9 Days
Friendship with God is all about growing your relationship with God. Throughout scripture God has many names. Comforter, Lord, Protector, Provider and on. One of the things He called Himself that really hit me hard was that He called Himself my friend. What could life look like if we live like God was actually our friend? This changed my life and I hope it will change yours as well!
10 Days
Whether you’re praising God for His grace or wrestling with your faith, God will always meet you with His unchanging love, truth, and strength. Step into a community of women committed to growing closer to God and each other through trusting that He is and always will be enough.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's