EKSODUS 25:31-40

EKSODUS 25:31-40 AFR83

“Jy moet 'n kandelaar van suiwer goud maak. Dit moet van geslae goud wees, sodat die kandelaar se voetstuk, stam, blomkelke, knoppe en kroonblare alles een geheel is. Daar moet ses arms uit die stam vertak, drie aan elke kant. Daar moet ook drie blomkelke, in die vorm van amandelbloeisels, met knoppe en kroonblare aan elke arm van die kandelaar wees. So moet dit wees vir al ses arms wat uit die stam van die kandelaar vertak. Vir die hoofstam van die kandelaar moet daar vier blomkelke, in die vorm van amandelbloeisels, met knoppe en kroonblare wees. Verder moet daar 'n knop wees onder elke paar arms van die kandelaar, drie vir die ses arms wat uit die stam van die kandelaar vertak. Die knoppe en die arms moet alles wees uit een stuk suiwer geslae goud. Jy moet sewe lampies maak en dit so op die kandelaar vassit dat dit lig gee na sy voorkant toe. Die pithouers en bakkies van die kandelaar moet van suiwer goud wees. Al hierdie voorwerpe moet uit vier en dertig kilogram suiwer goud gemaak word. Sorg dat jy dit maak volgens die plan wat vir jou op die berg gewys is.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor EKSODUS 25:31-40

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid