“Julle moet 'n ark van doringhout maak: een en 'n kwart meter lank, 'n driekwart meter breed en net so hoog. Jy moet dit binne en buite met suiwer goud oortrek en 'n goue lys rondom vassit. Verder moet jy vier goue ringe giet wat aan die onderste vier hoeke vasgesit moet word, sodat daar twee ringe aan elke kant is. Jy moet draaghoute van doringhout maak en dit met goud oortrek. Dan moet jy die draaghoute deur die ringe aan weerskante van die ark steek om die ark daarmee te dra. Die draaghoute moet in die ringe van die ark bly en mag nooit uitgehaal word nie.
Lees EKSODUS 25
Deel
Vergelyk alle weergawes: EKSODUS 25:10-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's