ESTER 5:3-5

ESTER 5:3-5 AFR83

Die koning sê toe vir haar: “Wat kan ek vir jou doen, koningin Ester? Wat is jou versoek? Al is dit ook die helfte van my koninkryk, dit sal vir jou gegee word.” Toe sê Ester: “As u dit goedvind, kom dan vandag saam met Haman na 'n maaltyd toe wat ek vir u voorberei het.” Die koning beveel toe: “Bring gou vir Haman dat ons kan doen wat Ester vra.” Die koning en Haman is toe na die maaltyd toe wat Ester voorberei het.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid