Hy het ook vir Hatak 'n afskrif gegee van die proklamasie wat in Susan uitgevaardig is en waarvolgens die Jode doodgemaak moes word. Hatak moes dit aan Ester wys, haar alles vertel en haar versoek om na die koning toe te gaan. Sy moes hom om genade smeek en vir haar volk intree. Hatak is toe terug na Ester toe en het Mordegai se woorde aan haar oorgedra. Sy het toe vir Hatak beveel om vir Mordegai te sê: “Al die amptenare van die koning en die mense in die provinsies van die koning weet dat daar net een wet is vir enigeen, man of vrou, wat na die koning toe in die binneste voorhof gaan as hy nie ontbied is nie: hy word sonder meer doodgemaak. Die enigste uitsondering is dat die koning sy goue septer na so 'n persoon toe uitsteek; dan bly hy lewe. En dit is nou al dertig dae dat ek nie na die koning toe ontbied is nie.” Die boodskap van Ester is aan Mordegai oorgedra, en hy het haar geantwoord: “Moenie dink net jy van al die Jode sal vrykom omdat jy in die koning se paleis is nie. As jy nóú swyg en daar kom van 'n ander kant af uitkoms en redding vir die Jode, sal jy en jou familie omkom. Wie weet, miskien is dit juis met die oog op 'n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!” Ester het toe vir Mordegai laat weet: “Gaan maak al die Jode wat in Susan is, bymekaar en vas ter wille van my. Julle moet drie dae, dag en nag, niks eet en drink nie. Ek en my kamerpersoneel sal ook vas. Daarna sal ek na die koning toe gaan, al is dit teen die wet. As ek moet omkom, moet ek maar omkom.” Mordegai is toe weg en het alles gedoen wat Ester hom beveel het.
Lees ESTER 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: ESTER 4:8-17
3 Days
The plan hopes to highlight God’s heart for the down-trodden, underprivileged, victims of abuse and discrimination. The study hopes to challenge people to stop dignifying discrimination and to recognize attitudes and practices that are oppressive and contribute towards restoring people’s God-given dignity.
6 Days
What advice do a few lesser known biblical figures have to give Millennials and/or Gen Z-ers? Find out in this 6-day Bible Plan.
10 Days
What if we don’t have to travel far to get close to people who are distant from God? What if Christians were the best neighbors? Would your street change? Would heaven be fuller? A long time ago, a religious leader asked Jesus how to get into heaven. Jesus answered with a question, then the story of the Good Neighbor. No surprise, 2000 years later Jesus’ story still explains how to neighbor. Join Pastor Craig Groeschel and Life.Church in a practical, story-filled guide to meeting your neighbors and loving them as yourself. But don’t just read it—live it!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's