In my lewe wat tot niks gekom het nie, het ek alles gesien: 'n regverdige gaan onder al doen hy reg, 'n goddelose geniet 'n lang lewe, al doen hy verkeerd. Moet jou nie te regverdig wil hou nie, moenie aanspraak maak op meer wysheid as wat jy het nie; waarom jou eie ondergang soek? Moenie aanhou verkeerd doen nie, moenie dwaas wees nie; waarom voor jou tyd doodgaan? Dit is goed dat jy aan die een vermaning vashou en die ander ook nie laat los nie, want hy wat vir God dien, gehoorsaam altwee. Wysheid gee aan dié wat dit het, meer mag as wat tien maghebbers in 'n stad het. Daar is geen mens op aarde regverdig nie, niemand wat net goed doen en nie sondig nie. Moet jou nie steur aan alles wat gesê word nie. Dan sal jy jou dit nie aantrek as jou slaaf jou verwens nie. Jy weet hoe baie kere jy self ander verwens het. Ek het alles met die hulp van wysheid getoets. Ek wou wysheid bekom, maar dit het buite my bereik gebly. Die betekenis van wat gebeur, lê buite bereik, baie diep; wie kan dit vind? Ek het my opnuut daaraan gewy om te wete te kom, na te vors en te ondersoek wat wysheid en insig is, en ek het toe vasgestel dat goddelose optrede dwaasheid is, dat onverstandige optrede geen doel dien nie. Ek het gevind: 'n vrou wat strikke stel vir mans, is erger as die dood self. Haar bekoorlikheid is 'n vangnet, in haar arms is jy 'n gevangene. Wie voor God reg lewe, vermy haar, maar die sondaar laat hom deur haar vang. Dit het ek gevind, sê die Prediker, toe ek een en een bymekaargesit het om die regte insig te kry. Wat ek nog altyd soek, het ek nie gevind nie. Ek het wel uit duisend mense een betroubare man gevind, maar so 'n vrou het ek onder hulle nie gevind nie. Die één ding wat ek wel gevind het, is dit: God het die mense goed en opreg gemaak, tog het hulle hulle besig gehou met allerlei slimmighede.
Lees PREDIKER 7
Deel
Vergelyk alle weergawes: PREDIKER 7:15-29
6 Days
We all have a common denominator. We will die. I will die. You will die. Death will defeat you. You won’t be able to dodge it, sidestep it, trick it or make it disappear. But then there is Jesus, the man who defeated the grave. Jesus stood toe to toe with the grave and defeated death. When Jesus talks, the grave speaks.
12 dae
Prediker is 'n dramatiese outobiografie van Salomo se lewe toe hy probeer het om gelukkig te wees sonder God. Daaglikse reis deur Prediker luister jy na die klankstudie en lees uitgesoekte verse uit God se woord.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's