As die goeie dinge van die lewe baie word, word die eters ook baie; al wat die eienaar daaraan het, is om dit te aanskou. Die slaap van die arbeider is soet, of hy min eet of baie, maar die oorvloed van die ryke laat hom onrustig slaap. Ek het in hierdie wêreld 'n bitter swaar ding gesien: dat 'n man rykdom opgaar en dit vir hom ellende bring. Hy doen verkeerd sake en verloor die rykdom. Hy het intussen die vader van 'n seun geword en dié kry dan niks nie. Self gaan hy kaal uit die wêreld uit soos hy daarin gekom het. Hy kan niks met hom saamneem vir al sy inspanning nie. Ook dit is 'n bitter swaar ding: presies soos hy gekom het, so gaan hy. Wat help dit dat hy hom vir wind afgesloof het? Hy slyt die res van sy lewe in die donker, in smart, ellende en bitterheid. Ek het ook iets gesien wat goed is: dit is aangenaam om te eet en te drink en die lewe te geniet onder al die geswoeg op hierdie wêreld. Dit kom 'n mens toe vir die hele leeftyd wat God hom skenk. God gee aan 'n mens rykdom en besittings en laat hom dit geniet. God laat die mens sy deel ontvang en sy werk met vreugde doen. Dit is 'n gawe van God. So 'n mens dink skaars na oor wat in sy lewe gebeur, so vol is hy van die blydskap wat God gee.
Lees PREDIKER 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: PREDIKER 5:10-19
7 Dae
God se vrede is soveel anders as ons idees van vrede. Dit is nie sinoniem met wapenstilstande tussen militêre magte en politieke kragte nie. Nee, God se vrede is ’n vrede van die hart. Dit is vrede met God, vrede wat oorspoel na alles en almal rondom jou. Stephan Joubert moedig jou aan om hierdie vrede na te streef ten spyte van die lewe se stampe en stote.
12 dae
Prediker is 'n dramatiese outobiografie van Salomo se lewe toe hy probeer het om gelukkig te wees sonder God. Daaglikse reis deur Prediker luister jy na die klankstudie en lees uitgesoekte verse uit God se woord.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's