Ek het by myself gedink: laat ek my oorgee aan plesier, laat ek die lewe geniet! Maar ook dit het niks opgelewer nie. Van lag moes ek sê: dis sinloos, en van plesier: wat bring dit? Ek het gewonder wat sal gebeur as ek my aan wyn oorgee maar tog nog op soek bly na wysheid, as ek soos 'n dwaas leef totdat ek vasgestel het wat die beste is waarmee 'n mens hom sy lewe lank in hierdie wêreld besig kan hou. Ek het groot ondernemings aangepak: ek het vir my huise gebou en wingerde geplant. Ek het vir my tuine en parke aangelê en allerhande soorte vrugtebome daarin geplant. Ek het vir my damme gemaak om die lappe jong bome nat te lei. Ek het slawe en slavinne aangeskaf, en hulle het kinders gekry wat ook my slawe was. Ek het baie beeste en kleinvee gehad, meer as almal voor my in Jerusalem. Ek het vir my silwer en goud opgegaar wat ek gekry het van konings en provinsies. Ek het vir my sangers en sangeresse gewerf, talle mooi meisies met wie ek die lewe kon geniet. Ek was magtiger en ryker as almal voor my in Jerusalem. My wysheid het my goed te pas gekom. Alles wat ek begeer het, het ek my veroorloof; ek het my geen plesier ontsê nie. Alles waarmee ek my besig gehou het, het my plesier verskaf. Dit was my beloning vir al my inspanning. Maar toe ek goed nadink oor alles wat ek gedoen het en oor alles waarmee ek my met soveel sorg besig gehou het, het ek gesien dat alles niks was, 'n gejaag na wind. In hierdie wêreld bevredig niks nie.
Lees PREDIKER 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: PREDIKER 2:1-11
7 dae
Uit die Beek verskyn uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuse vir elke dag is op die Revised Common Lectionary gebaseer. Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's