“Toe ek nog so kyk, terwyl ek in my slaap die visioen sien, kom daar 'n wag, 'n engel, uit die hemel uit af. Hy het hard geroep: “ ‘Kap af die boom, kap af sy takke, stroop af sy blare en gooi weg sy vrugte. Die wilde diere moet onder hom uit wegvlug en die voëls uit sy takke uit. Maar bind 'n yster- en 'n bronsband om sy stomp en laat dit in die grond bly saam met die gras in die veld. Nebukadnesar moet snags deur die dou natgemaak word en van plante leef saam met die wilde diere. Sy verstand moet anders word as dié van 'n mens, hy moet die verstand van 'n dier kry. Dit moet sewe tydperke lank oor hom kom. “ ‘Hierdie aankondiging berus op 'n besluit van dié wat wag hou, die engele, en hulle maak hierdie beslissings bekend. So sal alle mense weet dat die Allerhoogste mag het oor al die koninkryke op aarde en dat Hy dit gee aan wie Hy wil; Hy stel selfs die onbelangrikste mens daaroor aan.’
Lees DANIËL 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: DANIËL 4:13-17
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's