HANDELINGE 9:6-9

HANDELINGE 9:6-9 AFR83

Maar staan op en gaan na die stad toe. Daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen.” Die mense wat saam met hom op pad was, het sprakeloos gestaan. Hulle het die stem gehoor maar niemand gesien nie. Toe Saulus van die grond af opstaan en sy oë oopmaak, kon hy nie sien nie. Hulle het sy hand gevat en hom na Damaskus toe gelei. Drie dae lank kon hy nie sien nie en het hy niks geëet of gedrink nie.