3 JOHANNES 1:5-12

3 JOHANNES 1:5-12 AFR83

Liewe Gaius, jy handel reg in wat jy vir jou medegelowiges doen, en dit nog terwyl jy hulle nie eens geken het nie. Hulle het hier voor die gemeente vertel van jou liefde. Help hulle asseblief vir hulle verdere reis op 'n wyse soos God dit verwag, want hulle is op reis om Christus te verkondig, en hulle ontvang niks van die heidene nie. Dit is dus óns plig om sulke mense te onderhou, sodat ons daardeur ons deel kan bydra tot die verspreiding van die waarheid. Ek het 'n briefie aan julle gemeente geskrywe, maar Diotrefes, wat danig daarop gesteld is dat hy hulle voorganger is, aanvaar nie ons gesag nie. Daarom sal ek die dinge wat hy doen, ter sprake bring as ek daarheen kom: hy versprei slegte en vals gerugte oor ons; en asof dit nie genoeg is nie, ontvang hy self ook nie die medegelowiges nie, en dié wat dit wil doen, belet hy en ban hy uit die gemeente. Liewe Gaius, moenie die verkeerde voorbeeld volg nie, volg die goeie. Wie goed doen, behoort aan God; wie verkeerd doen, het nie vir God gesien nie. Van Demetrius getuig almal net wat goed is, en ook die waarheid bevestig dit. Ons getuig dit ook, en jy weet dat ons getuienis waar is.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 3 JOHANNES 1:5-12

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid