Ek was baie bly toe hier medegelowiges kom en van jou trou aan die waarheid vertel, hoe jy in die waarheid lewe. Niks verskaf my groter vreugde nie as om te hoor dat my kinders in die waarheid lewe. Liewe Gaius, jy handel reg in wat jy vir jou medegelowiges doen, en dit nog terwyl jy hulle nie eens geken het nie. Hulle het hier voor die gemeente vertel van jou liefde. Help hulle asseblief vir hulle verdere reis op 'n wyse soos God dit verwag, want hulle is op reis om Christus te verkondig, en hulle ontvang niks van die heidene nie. Dit is dus óns plig om sulke mense te onderhou, sodat ons daardeur ons deel kan bydra tot die verspreiding van die waarheid.
Lees 3 JOHANNES 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: 3 JOHANNES 1:3-8
3 Dae
Wandel in waarheid en wees lief vir mekaar - dit is die boodskap van die derde brief van Johannes oor hoe om beide die waarheid te ondersteun en valse leraars te hanteer. Reis daagliks deur 3 Johannes terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's