Ons moet God altyd vir julle dank, broers. En dit is ook reg, want julle geloof neem sterk toe, en sonder uitsondering word julle liefde vir mekaar altyd meer. Daarom praat ons met trots van julle in al die gemeentes van God en vertel ons van julle volharding en geloof onder al die vervolging en lyding wat julle moet verduur.
Lees 2 TESSALONISENSE 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 TESSALONISENSE 1:3-4
9 Dae
“Staan vas in jou geloof!” Is die uitdaging van hierdie tweede brief aan die Tessalonisense wat ons daaraan herinner dat Jesus vir ons terugkom. Reis daagliks deur 2 Tessalonisense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
28 dae
Toewyding aan die Here begin met die verstaan dat ons God heelhartig moet liefhê: met ons hele hart, siel, verstand en krag. Hoe lyk dit in my daaglikse lewe? Maak tyd en kry 'n stil plek - en kom saam met ons op hierdie toewydingsreis.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's