My broers en susters, ons dank God altyd vir julle. Hoe anders? Want die wonderlikste dinge is daar by julle aan die gebeur: julle vertroue in die Here word by die dag sterker. En julle almal se liefde vir mekaar word net al hoe groter. Wanneer ons by die ander gemeentes van God kom, spog ons graag met julle. Ons vertel vir hulle hoe julle vas bly staan en bly glo ten spyte van al die vervolging en swaarkry wat julle moet verduur.
Lees 2 Tessalonisense 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Tessalonisense 1:3-4
9 Dae
“Staan vas in jou geloof!” Is die uitdaging van hierdie tweede brief aan die Tessalonisense wat ons daaraan herinner dat Jesus vir ons terugkom. Reis daagliks deur 2 Tessalonisense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
28 dae
Toewyding aan die Here begin met die verstaan dat ons God heelhartig moet liefhê: met ons hele hart, siel, verstand en krag. Hoe lyk dit in my daaglikse lewe? Maak tyd en kry 'n stil plek - en kom saam met ons op hierdie toewydingsreis.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's