2 SAMUEL 5:17-20

2 SAMUEL 5:17-20 AFR83

Toe die Filistyne verneem dat Dawid tot koning oor Israel gesalf is, het hulle almal teen hom opgetrek. Dawid het dit te hore gekom en op 'n strategiese plek gaan stelling inneem. Die Filistyne het gekom en die Spooklaagte binnegeval. Dawid het die Here geraadpleeg en gevra: “Moet ek teen die Filistyne opruk? Sal U hulle in my mag oorgee?” Die Here het hom geantwoord: “Ja, trek op, want Ek gee hulle beslis aan jou oor.” Dawid het toe deur 'n groot kloof getrek en hulle daar verslaan. Hy het gesê: “Die Here het my vyand voor my gekloof soos water 'n wal kloof.” Daarom het hy die plek Grootkloof genoem.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid