Gad het daardie dag na Dawid toe gekom en vir hom gesê: “Gaan op en bou vir die Here 'n altaar op die dorsvloer van Arauna die Jebusiet.” Dawid het toe opgegaan soos die Here hom deur die woord van Gad beveel het. Toe Arauna afkyk en die koning en sy amptenare na hom toe sien aankom, gaan hy uit en buig diep voor die koning. “Waarom kom die koning na sy dienaar toe?” vra Arauna. “Om die dorsvloer van jou te koop en 'n altaar vir die Here daarop te bou, sodat die plaag van die volk af weggeneem kan word,” antwoord Dawid. Arauna het vir Dawid gesê: “U kan dit gerus maar vat, U Majesteit, en offer net wat u wil. Kyk, die beeste vir die offer is hier, en die dorsslee en die jukke is beskikbaar as brandhout. U Majesteit, Arauna gee dit alles aan die koning. Mag die Here u God u offer aanneem.” Hierop het die koning vir Arauna gesê: “Nee, ek koop dit beslis van jou teen die volle prys. Ek bring nie aan die Here my God offerandes wat my niks kos nie.” Dawid het toe die dorsvloer en die beeste vir sowat ses honderd gram silwer gekoop. Hy het net daar 'n altaar vir die Here gebou en brandoffers en maaltydoffers gebring. Hierna het die Here weer die gebede vir die land verhoor, en die plaag is uit Israel weggeneem.
Lees 2 SAMUEL 24
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 SAMUEL 24:18-25
5 Days
King David is described in the New Testament as a man after God’s own heart, meaning that he aligned his own heart with that of God’s. As we study David’s life, our goal for this series is to analyze the things David did in 1 & 2 Samuel in order to mold our hearts after God’s and resemble the same intensity of focus and spirit that David showcased throughout his life.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's