Dawid het op sy beurt 'n boodskap na Joab toe gestuur: “Stuur vir Urija die Hetiet hiernatoe.” Joab het hom na Dawid toe gestuur. Urija het by hom gekom, en Dawid het hom gevra hoe gaan dit met Joab en die leër, en hoe vorder die oorlog. Hierna het Dawid vir Urija gesê: “Gaan nou maar huis toe en rus 'n bietjie.” Toe Urija uit die paleis gaan, het die koning ook nog 'n geskenk agter hom aangestuur. Maar Urija wou nie huis toe gaan nie en het by die paleisdeur gaan slaap saam met die slawe van die koning. Hulle het vir Dawid gaan sê: “Urija was nie huis toe nie.” Dawid vra toe vir Urija: “Jy was mos lank weg, waarom gaan jy nie huis toe nie?” Sy antwoord was: “Sou ek huis toe gaan om te eet en fees te vier en by my vrou te slaap, terwyl die ark en Israel saam met Juda in hutte woon en my aanvoerder Joab sowel as u soldate in die oop veld kamp opslaan? Dit sal ek beslis nooit doen nie!” Dawid het Urija toe beveel: “Bly vandag nog hier! Môre stuur ek jou terug.” Urija het daardie dag en die dag daarna in Jerusalem vertoef. Toe het Dawid hom geroep en saam met hom geëet en gedrink. Hy het hom selfs dronk gemaak. Maar die aand het Urija uitgegaan om op sy gewone plek saam met die slawe van die koning te gaan slaap. Hy het nie huis toe gegaan nie. Die volgende oggend het Dawid 'n brief aan Joab geskryf en saam met Urija gestuur. In dié brief het hy geskryf: “Gee tog aan Urija 'n plek op die voorpunt waar die geveg kwaai is. Val dan terug sodat hy in die slag kan bly en sneuwel.” Terwyl Joab die stad beleër, het hy Urija op 'n plek gesit waar hy geweet het daar is dapper teenstanders.
Lees 2 SAMUEL 11
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 SAMUEL 11:6-16
4 Days
Do you ever just feel flat? You’re not alone—even King David ran out of joy. Start reading part five of the six-part Stay Positive series and rekindle your enthusiasm.
5 Days
King David is described in the New Testament as a man after God’s own heart, meaning that he aligned his own heart with that of God’s. As we study David’s life, our goal for this series is to analyze the things David did in 1 & 2 Samuel in order to mold our hearts after God’s and resemble the same intensity of focus and spirit that David showcased throughout his life.
7 Days
Learn to define clearly your dreams for yourself. Identify the obstacles holding you back. Come up with a specific plan for reaching goals. Develop the tools that will help you act on the plan.
29 dae
Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien hoe God skande in hierdie persone se lewens bestry. God kan die krag van skande in jou lewe verbreek. In hierdie studie sal ons jou wys hoe.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's