Op 'n dag het Elisa na Sunem toe gegaan.
Daar was 'n vooraanstaande vrou wat by hom daarop aangedring het om vir ete oor te bly. Elke keer as hy daar verbykom, het hy eers by haar aangegaan om te eet. Sy het vir haar man gesĂȘ: âEk weet dit is 'n heilige man van God wat gereeld hier by ons aankom. Kom ons bou 'n klein bovertrekkie en sit vir hom 'n bed, 'n tafel, 'n stoel en 'n lamp daarin. Wanneer hy by ons aankom, kan hy daar intrek.â
Op 'n dag toe Elisa weer daar aankom, het hy in die bovertrek ingetrek en gaan rus. Hy het vir Gehasi sy slaaf gesĂȘ: âRoep bietjie die Sunemmitiese vrou.â
Gehasi het haar geroep, en toe sy voor Elisa se kamer staan, sĂȘ hy vir sy slaaf: âSĂȘ vir haar: Jy het al hierdie moeite vir ons gedoen. Wat kan ek vir jou doen? Sal ek vir jou 'n woordjie doen by die koning of by die hoof van die leĂ«r?â
âEk woon hier tussen my eie mense,â was haar antwoord.
Hy vra toe: âMaar kan daar nie iets vir haar gedoen word nie?â Waarop Gehasi antwoord: âJa tog, sy het nie 'n seun nie, en haar man is al oud.â
âRoep haar hiernatoe,â sĂȘ Elisa.
Toe Gehasi haar nader roep, het sy in die deur kom staan.
Toe sĂȘ Elisa: âHierdie tyd oor 'n jaar sal jy 'n seun in jou arms hou.â
Sy antwoord: âNee, Meneer, u is 'n man van God, u moet tog nie vir my iets sĂȘ wat nie so kan wees nie!â
Die vrou het swanger geword en 'n seun in die wĂȘreld gebring, presies 'n jaar later, net soos Elisa vir haar gesĂȘ het.
Toe die seun groter geword het, het hy op 'n dag na sy pa-hulle toe gegaan waar hulle besig was om te oes. Skielik het hy vir sy pa gesĂȘ: âMy kop, my kop!â
Sy pa het vir 'n slaaf gesĂȘ: âDra hom na sy ma toe.â
Die slaaf het hom na sy ma toe gedra. Hy het op haar skoot gelĂȘ tot die middag, en toe is hy dood. Sy het hom boontoe gedra en hom neergelĂȘ op die bed van die man van God, en toe sy uitgaan, het sy die deur agter haar toegetrek. Sy het haar man geroep en gesĂȘ: âStuur tog vir my 'n slaaf en 'n donkie. Ek wil na die man van God toe gaan en gou weer terug wees.â
âMaar waarom gaan jy vandag na hom toe,â het haar man gevra, âdit is mos nie nuwemaan of sabbat nie?â
Maar sy het hom gerusgestel, die donkie opgesaal en vir haar slaaf gesĂȘ: âJaag die donkie aan. Moenie dat hy gaan staan nie, behalwe as ek vir jou so sĂȘ.â
Sy is toe vort en het by die man van God aangekom by Karmelberg. Toe die man van God haar op 'n afstand sien aankom, sĂȘ hy vir Gehasi sy slaaf: âDis mos die Sunemmitiese vrou daardie. Hardloop haar tegemoet en vra vir haar: Gaan dit goed met jou? Gaan dit goed met jou man? En met jou seun?â
Vir Gehasi het sy gesĂȘ: âDit gaan goed,â maar toe sy by die man van God op die berg kom, het sy aan sy voete vasgeklou.
Toe Gehasi nader staan om haar weg te stoot, sĂȘ die man van God: âLos haar, sy is baie hartseer. Die Here het dit vir my verberg en vir my niks gesĂȘ nie.â
Sy sĂȘ toe vir hom: âMeneer, het ek van u 'n seun gevra? Het ek nie gesĂȘ: Moenie by my 'n valse hoop wek nie?â
Toe sĂȘ hy vir Gehasi: âMaak gou klaar, vat my kierie en vertrek. As jy iemand raakloop, moet hom nie groet nie. Gaan sit my kierie op die gesig van die seun.â
Toe sĂȘ die seun se ma: âSo seker as die Here leef en u leef, ek sal u nie toelaat om agter te bly nie.â
Hy het opgestaan en saam met haar gegaan. Gehasi was voor hulle daar en hy het die kierie op die seun se gesig gesit, maar daar was geen geluid of enige teken van lewe nie. Hy gaan toe terug na Elisa toe en sĂȘ vir hom dat die seun nie bygekom het nie. Toe Elisa in die huis kom, het die seun daar dood gelĂȘ net soos hy op die bed neergelĂȘ was. Elisa het die kamer binnegegaan en die deur toegemaak sodat hulle alleen was. Nadat hy tot die Here gebid het, het Elisa op die bed geklim en bo-op die seun gaan lĂȘ. Hy het vol op die seun gelĂȘ met sy mond op die seun se mond, sy oĂ« op sĂœ oĂ«, sy hande op sĂœ hande, sodat die seun se liggaam warm geword het. Nadat hy 'n keer heen en weer in die huis geloop het, het hy weer op hom gaan lĂȘ. Die seun het sewe keer genies en toe sy oĂ« oopgemaak.
Elisa het vir Gehasi geroep en hom beveel om die Sunemmitiese vrou te roep. Hy het dit gedoen en toe sy inkom, sĂȘ Elisa vir haar: âTel jou seun op.â
Sy het ingekom en by sy voete op haar knieë geval en gebuig. Toe tel sy haar kind op en gaan uit.