2 KONINGS 2:1-2

2 KONINGS 2:1-2 AFR83

Die tyd het gekom dat die Here vir Elia in 'n stormwind in die hemel sou opneem. Elia en Elisa het uit Gilgal vertrek, en Elia het vir Elisa gesê: “Bly hier, want die Here stuur my na Bet-El toe.” Elisa se antwoord was: “So seker as die Here leef en u leef, ek sal u nie alleen laat gaan nie.” Hulle is toe na Bet-El toe.