2 KRONIEKE 3:15-17

2 KRONIEKE 3:15-17 AFR83

Voor die tempel het hy twee pilare opgerig, sewentien en 'n half meter hoog, met 'n kapiteel van twee en 'n half meter op elkeen. Hy het kettings gemaak vir 'n krans en dit bo-aan die pilare aangebring. Daarna het hy honderd granate gemaak en aan die kettings vasgesit. Die pilare het voor die tempel gestaan, een regs en een links. Die regterkantste het hy Jakin genoem en die linkerkantste Boas.