Josafat is oorlede, en hy is begrawe in die familiegraf in die Dawidstad. Sy seun Joram het hom as koning opgevolg. Joram het 'n hele paar broers gehad: Asarja, Jegiël, Sagaria, Asarja, Migael en Sefatja. Hulle was almal seuns van koning Josafat van Juda . Hulle pa het vir hulle groot geskenke gegee, silwer, goud en ander kosbaarhede en ook vestingstede in Juda, maar die koningskap het hy aan Joram gegee, want dié was die oudste.
Lees 2 KRONIEKE 21
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 KRONIEKE 21:1-3
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's