2 KRONIEKE 17:1-6

2 KRONIEKE 17:1-6 AFR83

Sy seun Josafat het hom as koning opgevolg. Josafat het die land teen Israel beveilig deur soldate te stasioneer in al die vestingstede van Juda en deur wagposte te plaas in Juda sowel as in die stede wat Asa, sy pa, in Efraim verower het. Die Here was by Josafat, want hy het sy voorvader Dawid se vroeëre lewe nagevolg. Hy het nie die Baäls gedien nie, maar die God van sy vader. Hy het die gebooie van God gehoorsaam en nie gemaak soos Israel nie. Daarom het die Here Josafat se koningskap bevestig. Die hele Juda het vir Josafat geskenke gebring, en hy het ryk geword en groot aansien geniet. Hy het sy eer daarin gestel om te leef soos die Here dit wil en het die vernietiging van die hoogtes en gewyde pale in Juda voortgesit.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 KRONIEKE 17:1-6

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid