1 SAMUEL 8:19-22

1 SAMUEL 8:19-22 AFR83

Maar die volk het geweier om na Samuel te luister. Hulle het vir hom gesê: “Nee, daar moet tog maar 'n koning oor ons wees. Ons wil ook soos al die nasies wees. Ons koning moet oor ons regeer; hy moet ons lei en ons oorloë voer.” Samuel het na die woorde van die volk geluister en dit vir die Here vertel. Toe sê die Here vir Samuel: “Gee toe aan hulle versoek. Stel 'n koning oor hulle aan.” Samuel het vir die manne van Israel gesê: “Gaan julle nou almal huis toe.”