1 SAMUEL 30:17-19

1 SAMUEL 30:17-19 AFR83

Dawid het van die laat middag af tot die aand toe en dwarsdeur tot in die vroeë oggend teen hulle geveg en hulle verslaan. Nie een het ontsnap nie, behalwe vier honderd jong manne wat op kamele gery en gevlug het. Dawid het almal wat deur Amalek gevat is, gered; hy het ook sy twee vrouens gered. Daar is niemand, groot of klein, seun of dogter, vermis nie, en ook niks van alles wat deur die Amalekiete gebuit is nie. Dawid het alles teruggebring.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid