Daarvandaan het Dawid in die skuilplekke by En-Gedi gaan bly. Net toe Saul van die veldtog teen die Filistyne af terugkom, is aan hom vertel: “Dawid is in die En-Gediwoestyn.” Saul het drie afdelings manskappe wat uitgesoek is uit die hele Israel, gevat en gegaan om Dawid en sy manne op te spoor in die omgewing van Klipbokrotse. Onderweg het Saul afgekom op skaapkrale met 'n grot daarby. Hy het daar ingegaan om homself te ontlas, terwyl Dawid en sy manne agter in die grot sit. Dawid se manne sê toe vir hom: “Kyk daar, vandag sê die Here vir jou: Ek gee jou vyand in jou hand en jy moet met hom maak soos jy dit goedvind.” Dawid het opgestaan en ongemerk die punt van Saul se mantel afgesny. Maar agterna het Dawid se gewete hom gepla omdat hy Saul se mantelpunt afgesny het.
Lees 1 SAMUEL 24
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 SAMUEL 24:1-6
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's