Nadat die dogter van die farao oorgetrek het van die Dawidstad af na die huis wat Salomo vir haar gebou het, het hy die terras gebou. Salomo het drie maal per jaar brandoffers en maaltydoffers gebring op die altaar wat hy vir die Here gebou het, en daarmee saam wierookoffers vir die Here gebrand. So het hy sy verantwoordelikheid in die tempel nagekom. Koning Salomo het ook skepe gebou in Esjon-Geber by Elat aan die kus van die Rietsee in Edom. Hiram het vir hom skepe gestuur en ervare seemanne. Hulle het saam met Salomo se manne na Ofir toe gevaar en daar vir koning Salomo meer as veertien ton goud gaan haal.
Lees 1 KONINGS 9
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 KONINGS 9:24-28
15 Dae
Die boek Konings vervolg die verhaal van hoe die koninkryk van Israel onder Dawid en Salomo gefloreer het, maar uiteindelik versprei het. Reis daagliks deur 1 Konings terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's