1 KONINGS 22:41-44

1 KONINGS 22:41-44 AFR83

Josafat seun van Asa het koning van Juda geword in die vierde regeringsjaar van koning Agab van Israel. Josafat was vyf en dertig toe hy koning geword het, en hy het vyf en twintig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Asuba 'n dogter van Silgi. Hy het die pad van Asa, sy pa, geloop en daar nie van afgewyk nie. Hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here. Die hoogtes het egter nie verdwyn nie, en die volk het nog steeds daarop offers gebring en wierook gebrand.