1 KONINGS 13:1-6

1 KONINGS 13:1-6 AFR83

kom daar 'n man van God uit Juda aan wat op bevel van die Here na Bet-El toe gekom het. Jerobeam het nog by die altaar gestaan om die offer aan te steek, toe die man van God op bevel van die Here teen die altaar uitroep: “Altaar, altaar, so sê die Here: Daar sal uit die nageslag van Dawid 'n seun gebore word met die naam Josia, en hier op jou sal hy die priesters van die hoogtes slag wat op jou offers bring, en hier op jou sal mensbene verbrand word!” Terselfdertyd het hy 'n wonderteken aangekondig: “Dit is die teken wat die Here gee: hierdie altaar sal uitmekaar ruk sodat die as wat daarop is, op die grond val.” Toe koning Jerobeam hoor wat die man van God uitroep teen die altaar van Bet-El, het hy daar van die altaar af sy hand uitgesteek en gesê: “Gryp hom!” Maar die hand wat hy uitgesteek het, het styf geword, en hy kon hom nie weer terugtrek nie. Die altaar het uitmekaar geruk, en die as het afgeval. Dit was die wonderteken wat die man van God aangekondig het op bevel van die Here. Toe sê die koning vir die man van God: “Bid tog tot die Here jou God om genade vir my sodat my hand weer kan reg word.” Nadat die man van God tot die Here gebid het om genade, het die hand van die koning herstel net soos dit tevore was.