1 KONINGS 12:1-5

1 KONINGS 12:1-5 AFR83

Rehabeam het na Sigem toe gegaan omdat die hele Israel daarheen gekom het om hom tot koning te kroon. Jerobeam seun van Nebat het die berig gekry toe hy nog in Egipte was waarheen hy vir koning Salomo gevlug het. Hy het daar gewoon, maar hulle het boodskappers gestuur en hom laat roep. Hy en die hele Israel kom toe na Rehabeam toe en sê vir hom: “U vader het ons 'n swaar juk laat dra. As u nou die verpligtinge wat u vader ons opgelê het, minder maak en so die juk ligter maak wat hy ons laat dra het, sal ons u onderdane bly.” Rehabeam het vir hulle gesê: “Kom oor drie dae na my toe terug.” Nadat die volk vertrek het

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid