Is ek nie vry nie? Is ek nie 'n apostel nie? Het ek nie vir Jesus, ons Here, gesien nie? Is julle wat aan die Here behoort, nie die vrug van my werk nie? Al is ek vir ander nie 'n apostel nie, vir julle is ek dit tog. Immers, julle wat aan die Here behoort, is die seël op my apostelskap. My verdediging teen dié wat regter oor my speel, is dít: het ons dan nie reg op lewensonderhoud nie? Het ons nie selfs die reg om elkeen sy vrou wat 'n gelowige is, op reis saam te neem soos ook die ander apostels en die Here se broers en Sefas nie? Of is dit net ek en Barnabas wat nie die reg het om op te hou met die handearbeid vir eie onderhoud nie? Wie dien ooit op eie koste as soldaat? Wie plant 'n wingerd en eet nie van sy vrugte nie? Of wie pas vee op en geniet nie van hulle melk nie? Wat ek sê, is nie maar net alledaagse waarhede nie. Sê die wet dit nie ook nie? In die wet van Moses staan daar tog geskrywe: “Jy mag nie 'n bees waarmee jy graan dors, se bek toebind nie.” Is dit miskien oor die beeste dat God Hom bekommer? Of sê Hy dit juis ter wille van óns? Ja, ter wille van ons is dit geskrywe. Hy wat ploeg, moet met verwagting ploeg, en hy wat dors, moet dit doen met die verwagting om sy deel te ontvang. As ons vir julle die geestelike saad gesaai het, is dit dan te veel gevra as ons van julle die stoflike lewensonderhoud sou inoes? As julle aan ander hierdie reg toestaan, kom dit ons dan nie nog meer toe nie? Maar van hierdie reg het ons nie gebruik gemaak nie. Inteendeel, ons dra al die koste self sodat ons geen hindernis in die weg van die evangelie van Christus sou lê nie.
Lees 1 KORINTIËRS 9
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 KORINTIËRS 9:1-12
8 Days
Drawing on James Spencer's book titled Useful to God: Eight Lessons from the Life of D. L. Moody, this Bible Plan examines eight characteristics evident in the Scriptures and in the life of 19th century evangelist Dwight Moody (e.g., surrendered, prayerful, humbled, undistracted, and studious). A free guide including these reflections along with activities and additional devotional content is also available for download from D. L. Moody Center.
24 dae
"Hoe moet 'n Christen lewe?" Is die onderwerp wat in die eerste brief aan die Korintiërs aangespreek word, en gee praktiese sorg en regstelling aan die kwessies wat jong Christene in die gesig staar. Reis daagliks deur 1 Korintiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's