Ek vind dit prysenswaardig dat julle in alles aan my bly dink en vashou aan die oorgelewerde leer soos ek dit aan julle oorgedra het. Ek wil egter hê julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en 'n man die hoof van sy vrou, en God die hoof van Christus. Elke man wat bid of profeteer met iets op sy kop, doen sy hoof, Christus, oneer aan. Maar elke vrou wat bid of profeteer sonder iets op haar kop, doen haar hoof, haar man, oneer aan, want dan is sy net soos 'n vrou wie se hare afgeskeer is. As 'n vrou nie iets op haar kop wil sit nie, kan sy ewe goed haar hare laat afsny. Maar aangesien dit 'n skande is vir 'n vrou om haar hare te laat afsny of afskeer, moet sy iets op haar kop sit. 'n Man behoort nie iets op sy kop te sit nie. Hy is die beeld en sieraad van God, maar die vrou is die sieraad van die man. Die man is nie uit die vrou geneem nie, maar die vrou uit die man. Die man is ook nie ter wille van die vrou geskep nie, maar die vrou ter wille van die man. Daarom behoort die vrou 'n teken van die man se gesag oor haar op haar kop te hê ter wille van die engele. Tog het die Here bepaal dat die vrou nie sonder die man sal bestaan nie, en die man nie sonder die vrou nie, want soos die vrou uit die man geneem is, so kom die man deur die vrou in die wêreld, maar alles is uit God. Oordeel julle nou maar self: is dit betaamlik vir 'n vrou om sonder iets op haar kop in die erediens tot God te bid? Die algemene opvatting is tog dat dit vir 'n man nie eerbaar is om lang hare te dra nie, maar dat dit vir 'n vrou wel eerbaar is. Lang hare is immers vir haar gegee as 'n bedekking. Ons het in die erediens nie 'n ander gewoonte nie, en die ander gemeentes van God ook nie. Dit sê ek vir iemand wat hieroor wil stry.
Lees 1 KORINTIËRS 11
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 KORINTIËRS 11:2-16
24 dae
"Hoe moet 'n Christen lewe?" Is die onderwerp wat in die eerste brief aan die Korintiërs aangespreek word, en gee praktiese sorg en regstelling aan die kwessies wat jong Christene in die gesig staar. Reis daagliks deur 1 Korintiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's