1 KORINTIËRS 10:24-33

1 KORINTIËRS 10:24-33 AFR83

'n Mens moet nie sy eie voordeel soek nie, maar dié van ander. Alles wat in 'n slaghuis verkoop word, kan julle eet sonder om ter wille van die gewete navraag te doen, “want die aarde met alles wat daarop is, behoort aan die Here.” As 'n ongelowige julle uitnooi en julle besluit om te gaan, kan julle alles eet wat vir julle voorgesit word, sonder om ter wille van die gewete navraag te doen. Maar as iemand vir julle sê: “Die vleis is 'n afgodsoffer,” moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit gesê het en ter wille van die gewete. Ek bedoel nou nie jou eie gewete nie, maar dié van die ander man. “Waarom,” sou jy vra, “moet my vryheid beperk word deur 'n ander man se gewete? As ek iets met danksegging geniet, waarom word daar van my kwaadgepraat oor iets waarvoor ek God dank?” Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God. Moenie aanstoot gee nie, nie aan Jode of aan Grieke of aan die gemeente van God nie. Maak soos ek: ek probeer om almal in alles tegemoet te kom. Ek soek nie my eie belang nie maar dié van baie ander, sodat hulle gered kan word.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 KORINTIËRS 10:24-33

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid