1 KORINTIËRS 1:1-9

1 KORINTIËRS 1:1-9 AFR83

Van Paulus, wat deur die wil van God geroep is om 'n apostel van Christus Jesus te wees, en van die broer Sostenes. Aan die gemeente van God in Korinte, wat Hy vir Hom in Christus Jesus afgesonder en geroep het om aan Hom te behoort, en verder aan almal, waar hulle ook al mag wees, wat die Naam aanroep van Jesus Christus, hulle Here en ons Here. Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus! Ek dank my God altyd oor julle vir die genade wat Hy in Christus Jesus aan julle geskenk het, want in Hom het God julle in alles ryklik geseën, veral in die gawes van woord en kennis. Die boodskap van Christus is onder julle so goed gevestig dat dit julle nie aan 'n enkele genadegawe ontbreek nie. Julle bly ook vol verwagting uitsien na die verskyning van ons Here Jesus Christus. Dit is Hy wat julle ook end-uit sal laat vas staan, sodat daar geen aanklag teen julle sal wees op die dag dat ons Here Jesus Christus kom nie. God is getrou, Hy wat julle geroep het om verenig te lewe met sy Seun, Christus Jesus, ons Here.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 KORINTIËRS 1:1-9

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid