1 KRONIEKE 9:22-25

1 KRONIEKE 9:22-25 AFR83

Dié wat as poortwagte uitgesoek is, was altesaam twee honderd en twaalf. Hulle is in die register opgeneem volgens hulle nedersettings. Dit is hulle wat nog deur Dawid en die siener Samuel in hulle amp benoem was. Hulle en hulle opvolgers was die wagte by die poorte van die huis van die Here, die tenthuis. Daar was wagte by die poorte in elkeen van die vier windrigtings: oos, wes, noord en suid. Hulle ampsgenote het in hulle eie nedersettings gebly en het hulle telkens sewe dae volgens 'n vaste program kom bystaan.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid