Die mense van Juda moet besef dat hulle te make het met die Here wat gesag oor alles en almal het. Die beste wat hulle kan doen, is om hulle mond in sy teenwoordigheid te hou. Die tyd is baie naby dat Hy straf gaan uitdeel. Wanneer Hy kom om straf uit te deel, gaan dit wees soos iemand wat ’n offermaaltyd vir gaste hou en dan word die gaste self die offer. Die Here gaan die mense van Juda straf.
Lees Sefanja 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Sefanja 1:7
9 dae
Sefanja waarsku Israel dat God hulle gaan oordeel, maar sê ook vir hulle hoe lief Hy hulle het en hoe Hy eendag met sang oor hulle sal jubel. Reis daagliks deur Sefanja terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's