Hy sê vir my: “Kom, ek wil vir jou die bruid wys, die vrou met wie die Lam gaan trou.” Hy vat my toe in die gees na ’n massiewe, hoë berg toe. Daar wys hy my dit toe: die stad wat God s’n is, Jerusalem, daal voor my oë van die hemel af ondertoe. Dit kom van God self af, en dit kon ’n mens aan die stad self sien. Dit was so oorweldigend en wonderlik! Dit het geskitter soos die wonderlikste edelsteen, helder soos ’n diamant.
Lees Openbaring 21
Deel
Vergelyk alle weergawes: Openbaring 21:10-11
7 dae
Baie Christene sukkel met onsekerheid oor hulle redding. Die temas is daarop gefokus om mense te help verstaan wat die gronde vir ons geloofsekerheid is.
9 Dae
Sommige van die Bybel se mees onvergeetlike oomblikke gebeur op berge, van die eerste tuin wat God geplant het tot Jesus se beroemde Bergprediking. In hierdie leesplan sal ons sien hoe berge in die Bybel nie net geografiese plekke is nie, maar ook heilige plekke waar die Hemel en aarde oorvleuel en die mensdom die wysheid, lewe en hoop van God ontmoet.
28 Dae
Delf dieper deur Jesus se Openbaring aan Johannes. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Openbaring met insiggewende kommentaar op hierdie kragtige visioene wat steeds relevant is vir vandag. Jesus se boodskap is duidelik: “Ek kom gou!” Die seëls is gebreek, die trompette blaas, en die bakke van God se verlossende oordeel word uitgegiet. Openbaring trek die gordyn oop vir ’n geestelike werklikheid waarin gelowiges geroep word om getrou te volhard as koninkryk van priesters vir God, ten spyte van die bose aanslag op hulle lojaliteit.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's