Laat ons u groot liefde beleef. Bevry ons tog. Dit is ’n baie ernstige saak as God, die Here, praat. Wat Hy sê, bring vrede vir die mense wat dit doen. Maar daar is ’n voorwaarde: hulle moet net nie weer verkeerde dinge aanvang nie. Die Here maak mense vry wat Hom dien. Hy help hulle wat Hom aanbid, en gou ook. Hy red hulle. Almal hier rondom ons sal dit sien.
Lees Psalms 85
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 85:8-10
7 dae
Jesus het ons stukkende wêreld kom heelmaak. Hy het aan moedeloses hoop gebring en aan sondaars vergifnis uitgedeel. En dit was aan die kruis dat Hy aan ’n selfsugtige wêreld kom wys het hoe géé lyk. Hy het die dood oorwin en léwe gebring. Vir ons altyd-lewe aangebied. Herontdek die kruis van liefde saam met Milanie Vosloo in hierdie 7-dag-leesplan uit SIMFONIE VAN SEËN.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's