HERE, laat ons weer u troue liefde ervaar, u verlossing – skenk dit aan ons! Ek wil hoor wat God, die HERE, sê, want Hy praat oor vrede vir sy volk en sy getroue volgelinge. Hulle moet net nie terugkeer na dwaasheid nie. Sy verlossing is beslis naby dié wat vir Hom ontsag het, sodat sy heerlikheid in ons land 'n tuiste kan hê.
Lees Psalms 85
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 85:8-10
7 dae
Jesus het ons stukkende wêreld kom heelmaak. Hy het aan moedeloses hoop gebring en aan sondaars vergifnis uitgedeel. En dit was aan die kruis dat Hy aan ’n selfsugtige wêreld kom wys het hoe géé lyk. Hy het die dood oorwin en léwe gebring. Vir ons altyd-lewe aangebied. Herontdek die kruis van liefde saam met Milanie Vosloo in hierdie 7-dag-leesplan uit SIMFONIE VAN SEËN.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's