Psalms 118:20-24

Psalms 118:20-24 DB

Ek wil kerk toe gaan. Ek wil vir die Here baie dankie sê. Daar voel ek naby Hom. Dankie dat U my gehelp het. U het my gered. U het gehoor toe ek na U geroep het. Soms dink mense dat iemand sommer niks is nie. Maar by God is dit anders. Wat soms vir mense onbelangrik is, is vir die Here belangrik. Dit is vir ons goed om dit te weet. Dit is die Here wat dit doen, en dit lyk vir ons na ’n wonderwerk. So ’n dag is baie besonders. Ons sal bly daaroor sing.