Daar was ’n man met die naam Selofgad. Hy was ’n seun van Gefer, die seun van Gilead, die seun van Makir, die seun van Manasse, die seun van Josef. Selofgad het vyf dogters gehad. Hulle name was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa. Op ’n dag het hierdie dogters na Moses en Eleasar toe gekom waar hulle saam met die leiers van die volk en al die ander Israeliete by die tent van die Here in ’n vergadering was. “Ons pa,” het hulle gesê, “is in die woestyn dood sonder dat hy ooit seuns gehad het. Hy was nie een van Korag se trawante wat teen die Here in opstand gekom het nie. Hy het as gevolg van sy eie sonde gesterf. Dit is mos nie regverdig dat ons pa se naam uit sy familie verdwyn net omdat hy nie seuns gehad het nie. Daarom vra ons dat u vir ons sy grond tussen sy familie sal gee wat hy moes kry.”
Lees Numeri 27
Deel
Vergelyk alle weergawes: Numeri 27:1-4
14 Days
Women are a precious gift from God to the world. You are creative, compassionate, intelligent, and, according to the Bible, equal to men. But years of abuse and wrong views of women have caused many of you to lose the confidence God wants you to enjoy. You may feel that you're somehow "less" than men. Less valuable. Less worthy. The truth is, you are very valuable to society, but more importantly to God. God wants you to be courageous, respected, admired, promoted, sought after, and most of all, loved. And you can be! This daily devotional will guide you toward a confident life filled with love, laughter and His acceptance. Write on it. Highlight it. Make the journey your own.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's