Jesus het toe ’n rukkie lank regoor die kollekteborde in die tempel gaan sit. Hy kyk toe wat die mense vir die tempel ingooi. Daar was ryk mense wat sommer baie geld ingegooi het. ’n Baie arm vrou, wat nie meer ’n man gehad het om vir haar te sorg nie, kom gooi toe twee stukkies kopergeld in. Dit was so te sê niks werd nie. Jesus roep toe sy dissipels. “Luister nou mooi wat Ek vir julle sê. “Het julle daardie arm vrou gesien wat die twee koperstukkies ingegooi het? Sy het meer vir God gegee as enigeen van die ander. Al die ander het gegee omdat hulle so baie het. Hulle sal dit nie eens mis nie. Maar sy is brandarm en het niks nie. Die bietjie wat sy gehad het om iets mee te koop om te eet het sy vir God gegee. Ja, sy het alles vir Hom gegee.”
Lees Markus 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: Markus 12:41-44
3 Days
The plan hopes to highlight God’s heart for the down-trodden, underprivileged, victims of abuse and discrimination. The study hopes to challenge people to stop dignifying discrimination and to recognize attitudes and practices that are oppressive and contribute towards restoring people’s God-given dignity.
6 dae
Geld speel 'n baie groot rol in mense se lewens. In die lewe van baie mense speel dit 'n te groot rol. Hierdie leesplan wil 'n aantal riglyne gee oor hoe ons geld moet gebruik en God se versorging vir ons behoeftes.
8 dae
Om Jesus se volgelinge te wees in ’n stukkende wêreld is beslis nie kinderspeletjies nie. Maar dit is elke kind van God se roeping; daarom belowe Hy om elke stap van die pad saam met ons te wees wanneer ons onsself toewy aan Hom. In hierdie 8-dag-leesplan gesels Stephan Joubert en Johan Smith oor die uitdagings, verantwoordelikhede en vreugdes van mense wat op Jesus se hakke loop.
22 dae
Markus se korter Evangelie beskryf Jesus Christus se aardse bediening as die lydende Dienaar en Seun van die mens. Reis daagliks deur Mark terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's