“Ai, wat maak julle, mense van Jerusalem? Julle gooi die boodskappers wat God na julle toe stuur met klippe dood. Ek wou julle so graag omhels en julle Vriend wees; glo My, Ek wou. Ek het oor julle gevoel soos ’n hen oor haar kuikens. Maar julle wou niks weet nie. Julle het julle rug vir My gedraai. Daarom kan dit nie anders nie. Daar sal niks vir julle oorbly nie. Alles om julle gaan inmekaarstort.
Lees Matteus 23
Deel
Vergelyk alle weergawes: Matteus 23:37
7 Dae
Die lewe is beslis nie altyd maklik nie en ons as mense is beslis kwesbaar! Isak Burger kom verseker ons dat ons op God se edele sorg, liefde en beskerming kan staatmaak, want ons is vir Hom kosbaar. Dis wonderlik om te weet ons is veilig in sy hand. Hy is die Rots waarop ons huis veilig is, ongeag die winde en storms van die lewe.
Ons leer vir God in die Bybel en ook in die skepping ken. Hy is die ewige, almagtige, alomteenwoordige, onsienlike, onbegryplike, soewereine, genadige, heilige, liefdevolle, alwyse, alwetende, getroue God. Hy is die Redder, Verlosser, Oorwinnaar, Bevryder en Skeppergod. Ken jy Hom regtig?
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's