Matteus 18:1-5

Matteus 18:1-5 DB

Op ’n dag het die dissipels vir Jesus kom vra: “Sê vir ons: Wie is die heel belangrikste persoon in God se wêreld? Wie maak vir Hom die meeste van almal saak?” Toe doen Jesus ’n vreemde ding. Hy roep een van die kindertjies wat daar rondspeel nader. Hy laat dié toe tussen hulle staan en sê: “Ek gaan julle nou een van die belangrikste lesse van julle hele lewe leer. Kyk, julle moet verander en weer soos hierdie kindertjies word, anders sal julle nooit die binnekant van my Vader se nuwe wêreld sien nie. Kindertjies is nederig. Hulle dink nie te veel van hulleself nie. Hulle het respek vir ander. Julle moet ook so leef. Julle moet julle eie belange tweede stel en ander mense respekteer, dan is julle die belangrikste in God se nuwe wêreld. “Elkeen wat een van hierdie kindertjies soos ’n vriend ontvang en hom goed behandel, ontvang My ook as vriend en behandel My goed.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid